Adri Janse van Vuuren

Adri Janse van Vuuren

Spraakterapeut

Kinders is haar passie. Dit is haar voorreg om 'n verskil in kinders se lewens te maak en hulle te help om hul volle potensiaal te bereik, sodat elkeen van hulle hul God-gegewe doel op aarde kan vervul.

Ruda Roux

Ruda Roux

Arbeidsterapeut

'n Toegewyde en empatiese arbeidsterapeut met 'n besondere belangstelling in kinders se ontwikkeling en funksionering. Sy fokus daarop om elke kind se unieke sterkpunte en uitdagings te verstaan, en gebruik doelgerigte, praktiese intervensies om hul sensoriese, motoriese, kognitiewe en skoolvaardighede te ontwikkel — op 'n kindgesentreerde, kreatiewe en speelse manier.

Riana Crerar

Riana Crerar

Wise Eye Terapeut

Help kinders om hul lees-, spel-, begrip- en leervaardighede te verbeter deur persoonlike ondersteuning en doelgerigte aktiwiteite wat selfvertroue en akademiese sukses bevorder.

Magda Vermaak

Magda Vermaak

Berader

By Mayville sedert 2024, werk sy met die emosionele en sosiale welstand van die kinders. Bekend as die skool se "hartjie tannie".

Gerda Dempers

Gerda Dempers

Opvoedkundige Sielkundige

Help kinders wat sukkel met leer, skoolwerk, emosies of gedrag. Sy help om uit te vind wat 'n kind se sterk punte en behoeftes is, sodat die kind die regte ondersteuning kan kry.

Wil u met een van ons span skakel?

Kontak Ons