Die fondasie waarop 'n leerder se hele skoolloopbaan gebou word.
By Laerskool Mayville se Grondslagfase streef ons daarna om uitnemende kwaliteit onderrig te bied aan elke leerder, om sodoende die leerder optimaal toe te rus en 'n stewige grondslag daar te stel vir leerders om op akademiese gebied en holisties hul volle potensiaal te bereik.
Teen die einde van die Grondslagfase verwag ons dat 'n leerder:
Volgens die National Curriculum Statement Grades R–12 behoort leerders onder meer probleme krities en kreaties op te los, doeltreffend saam met ander te werk, hulself verantwoordelik te organiseer, inligting krities te ontleed, doeltreffend te kommunikeer, en die wêreld te verstaan as 'n stel verwante stelsels.
Dit gaan nie net oor leer lees, skryf en somme doen nie — dit gaan oor die ontwikkeling van die hele kind.
Leerders ontwikkel die basiese vaardighede waarop latere akademiese leer berus — taal, lees, skryf, wiskundige denke en probleemoplossing.
'n Sterk taalbasis, klankbewustheid en getalbegrip vorm die basis vir alle leer wat volg.
Knip, teken, bou en beweeg ontwikkel fyn- en grootmotoriek, terwyl leerders ook leer om saam met ander te werk en te deel.
Leerders leer hul emosies herken en bestuur, en ontwikkel die belangrike boodskap: "Ek kan dit doen!"
Roetines, aandag, instruksies volg en volharding is leergewoontes wat leerders vir baie jare sal nodig hê.
Daaglikse waarneming deur onderwysers help om moontlike leerhindernisse vroeg raak te sien en aan te spreek.
As 'n span reël ons verskeie aktiwiteite vir ons leerders, soos Leesweke, Welsprekendheid, Spellathon-geleenthede, Mental Maths challenges en Lewensvaardigheid-vieringe.
Ten einde sukses te behaal in hierdie groot taak van onderrig en opvoeding, is liefde, samewerking en vertroue nodig — met die leerder, sy ouers, kollegas en die Skepper.